CRIME LINE *** Blow the whistle on crime! *** Your tip-offs work! *** Send them anonymously to 32211 *** CRIME LINE *** Click here for more info
LogIn
We have Registered User exclusive info. Please log in to see what's new.
Daily Verse

Useful Software

Random Image
map2
Image Detail

2010-03-01 Street nos: An ADT Officer was killed in Jhb while he was looking for an address. Please ensure your house number is clearly visible, during the day and at night.

Home TeenStuff Wat lees jy in iemand anders se siel?
Please click on the banner to see what specials our advertisers have.
Muz Online
Please support our advertisers.

WAT JY LEES IN IEMAND ANDERS SE SIEL?
(Marijke Edwards)
 
So veronderstel jy is by 'n Christelike byeenkoms en dit is maar alles nuut vir jou en jy ken nie regtig enige iemand daar nie. Jy kyk rond en alhoewel mense so passievol oor die Here praat, speel hulle oë en siel 'n ander rol. ‘Wie is ek om iets soos dit te dink‘ wonder jy, maar jy kan nie help om die gedagte te hê dat hulle daar is om ander redes nie.
 
Jy weet, die wat elke Sondag kerk toe gaan of by die "youth" iets te sê het oor almal en alles! Dit is net daar waar jy half ongemaklik voel en eerder kies om nie weer soontoe te gaan nie!
 
Ongelukkig is daar die wat gaan met verkeerde motiewe. Dit kan wees dat hulle gaan om met vriende te kuier, 'n ou of 'n meisie te ontmoet of die nuwe "outfit" wat hulle gekoop het aan te trek, "who knows", maar jy moet nie toelaat dat dit jou terughou om 'n goeie verhouding met die Here te hê nie. Jy gaan immers soontoe om meer te leer oor die Here en Hom te dien, nie om  jouself te bekommer oor ander nie. 
 
In plaas daarvan om negatief te dink oor die situasie en weg te bly as gevolg daarvan, is dit dalk goed om vir hulle te bid, sodat die Here hulle oë kan oopmaak en hulle ook 'n ware verhouding met Hom kan hê. "Besides" dit, doen jy maar eintlik jouself in om weg te bly oor ander se optrede. Nie waar nie?
 
In die begin toe ek "youth" toe gegaan het, was dit die beste ding ooit. Die plek waar ek weet my ouers nie sal omgee as ek gaan nie en sjoe, was dit 'n "jol" om nuwe mense te ontmoet, te kuier en "fun" te hê… My motiewe was verkeerd, maar dit was nie lank nie, toe het die Here my oë oopgemaak en het ek Hom gedien en gegaan vir die regte redes. Bid vir hulle!
 
As jy een van die is wat kerk of "youth" toe gaan en almal beskinder of iets te sê het die oomblik wat jy daar instap…"cmon", daar is niks wonderliker as om die geleentheid te hê om te "praise en worship" nie. Moenie "stupid" wees en die geleentheid mis omdat jy probeer wees wie jy nie is nie. 
 
Here, ek bid vandag vir die wat kerk toe gaan, wie se oë nog toe is en nog nie die waarheid gesien het nie. Ek bid dat U hulle sal help en dit op hulle hart sal lê om te verander dat ons almal saam U Naam kan grootmaak en U kan dien. 
 

Adverts

Need Corporate Gifts? Promo Items?
No need to stress:
Contact us for all your gift accessories

Read more...
A Thought or 2

The world has the habit of making room for the man whose words and actions show that he knows where he is going.

 

Napoleon Hill


Visits
Content View Hits : 66015
The World Around Us

4 All Web Needs