CRIME LINE *** Blow the whistle on crime! *** Your tip-offs work! *** Send them anonymously to 32211 *** CRIME LINE *** Click here for more info
LogIn
We have Registered User exclusive info. Please log in to see what's new.
Daily Verse

Useful Software

Random Image
_GED8811
Image Detail

WARNING: 2008-07-15
There has been confirmed cases of dog poisoning in more than one area in the Garsfontein Precinct. If you suspect that your dog may have been poisoned, please take it to your nearest vet IMMEDIATELY.

Read more...
Home TeenStuff Ek is 'plus-size' met stink voete en puisies en ek 'love' myself!
Please click on the banner to see what specials our advertisers have.
Interflora
Please support our advertisers.
EK IS 'PLUS-SIZE' MET STINK VOETE EN PUISIES EN EK 'LOVE' MYSELF!
(Marijke Edwards)

 Ons almal het ons dingetjies wat nie perfek is nie. Jy mag dalk dink jou heupe is groot, iemand anders dink nou weer hulle het stink voete en die ander sukkel met aknee, maar volgens jou is jy die enigste persoon wat nie perfek is nie en as jy rondloop sien jy altyd in iemand anders raak wat jy graag wil hê, soos 'ek wens ek het haar mooi lyfie gehad' of 'O, kyk haar mooi hare' sonder om te besef die een met die mooi hare en lyfie wens nou weer vir iets anders.
 
So gaan jy aan en dan staan jy eendag voor die spieel, heeltemal ontevrede met jou voorkoms en half amper op breekpunt omdat jy totaal en al net nie meer goed lyk nie, so voel jy.  
 
Dit is snaaks, ons sê soms vir iemand wat selfbewus en depressief is oor hulle voorkoms 'moenie "worry" oor wat ander dink of sê nie, aanvaar jouself soos jy is'. Ek weet nie van jou nie, maar dit doen dit net nie vir my nie. Dit is die laaste ding wat ek wil hoor en alhoewel dit seker maar waar is, is dit nie altyd net so maklik om ewe skielik van jouself te hou nie. Dit gaan nie altyd oor wat mense van jou dink nie, maar hoe jy oor jouself voel en deur al die negatiewe goed wat jy oor jouself te sê het. Wel, hoe is dit moontlik om dan net om te draai en te sê 'ek aanvaar my soos ek is'. 
 
Fokus op die groter prentjie. Jy is ontevrede met jouself, maar jou groot heupe, stink voete en akneegesig kan genees word. Wat van die wie se vel weggebrand is, of sal wens vir 'n paar skoene al stink hulle voete as hulle dit uittrek, om nie eers te praat van die wat sal wens om jou heupe te hê nie, hulle is doodmaer en lê op sterwe van honger.
 
Weereens kom dit op keuse neer. Jy kan kies om op te staan, te onthou hoe bevoorreg jy is en dit te neem as 'n hupstootjie om positief te lewe en jouself so te leer aanvaar of jy kan opstaan en toelaat dat jou emosies weghol met jou, voor die spieël staan en jouself aanhoudend met negatiewe goed voer en op die ou einde so 'n kompleks hê dat jy eerder aldag en heeldag by die huis bly. 
 
So watter een klink na 'n beter opsie vir jou?
 
Here, ek sukkel om myself te aanvaar, vir my lyk ek nie soos ander nie. Ek wil nie perfek wees nie, maar net meer selfvertroue en liefde vir myself hê. Niks of niemand se raad om te verander gaan help as ek nie self 'n punt daarvan maak om te verander nie. Dus Here, het ek U hulp nodig om al die voorregte en positiewe punte te sien van hoe ek lyk en so daardeur myself te begin lief hê.
 

Adverts

Need Corporate Gifts? Promo Items?
No need to stress:
Contact us for all your gift accessories

Read more...
A Thought or 2
Ability is what you're capable of doing.
Motivation determines what you do.
Attitude determines how well you do it.

~Raymond Chandler

Visits
Content View Hits : 66014
The World Around Us

4 All Web Needs