"TITLE", PFFF, WIE HET DIT TOG NODIG?
(Marijke Edwards)
So, eendag wil jy graag 'n dokter word, miskien 'n advokaat of dalk jou eie besigheid besit. Dit is wonderlik "go for it"! Moenie terughou nie, doen jou bes en werk hard! Moet net nie vergeet om stewig geanker te wees nie. Fokus op die Here so ver as wat jy gaan en moenie dat jou neus begin wolke ruik nie.
Soms as mens vorder in die lewe begin ander al hoe kleiner lyk. Jy sien hulle nie meer raak vir die goedheid en liefde wat hulle het nie. Dit waarop jy eens op 'n tyd jou lewe ook gebou het, maar nou is dit anders. Nou begin jy "title" sien as jy rondkyk. Die spieel word jou beste vriend en as ander nie 'n gepaste vriend volgens jou is nie, sien jy neer op hulle. Jy voel asof jy ‘on top of the world’ is, jy is die "main peanut" in die pakkie sonder om te besef hoeveel jy seergemaak en vertrap het om te kom waar jy is.
Selfs nou moet jy nie neersien op ander en dink jy is beter as hulle nie.
Matthew 23: 11-12 (The Message Bible) 'Do you want to stand out? Then step down. Be a servant. If you puff yourself up, you’ll get the wind knocked out of you. But if you’re content to simply be yourself, life will count for plenty.'
Here, in U oë maak dit mos nie saak waar ek is in die lewe en wie ek ken en nie. "Title" is nie regtig iets waaroor U "worry" nie en so moet ek ook nie. Sukses lê nie in die hoeveelheid geld wat jy het of hoe groot en bekend jy is nie, maar hoeveel jy omgee, lief het en gee aan ander. Help my om altyd gefokus te wees op U en goed wat saakmaak en nie net op myself nie.