Welkom by TeenStuff. Hierdie bladsy wil help om bietjie balans in 'n wilde, woeste wereld te bring en sal weekliks verander, so kom loer gereeld in.
Baie Dankie aan Danie en sy span by EgAfrikaans wat goedgunstiglik hulle bydraes met ons deel.
|
GLO SOOS 'N KIND.
(Marijke van Tonder)
Dink jy 'aliens' bestaan, spoke wat op die aarde rondwandel en dat daar regtig lewe op ander planete is?!
Dit is maar net 'n paar vrae wat ons wens ons het die antwoorde voor. Ongelukkig sal ons nooit regtig die waarheid weet behalwe eendag as ons hemel toe gaan en liewe Jesus ons sal vertel nie.
Ons moet soos kinders glo. Lewe elke dag met die idee dat daar 'n Jesus is wat ons gaan kom haal en wat ons baie lief het.
Moenie wonder oor goed wat ons regtig nie weet nie. Ons verhouding met die Here sal soveel keer sterker wees as ons die tyd gebruik waar ons wonder oor allerhande goed en dit spandeer om bybel te lees of te bid.
Om van die Here te leer is soveel interessanter. Jy kan baat vind daaruit en sommer weet sonder enige twyfel dat Hy werklik lewe!
Here, ek wil soos 'n kind lewe. 'n Kind het geen vrese nie en vertrou ten volle op U. Hy weet dat U altyd daar sal wees. Met die probleme wat ons elke dag 'face' vergeet ons soms dat U daar is en dat U ons net so graag wil help. 'n Kind gee nie om of die wêreld môre vergaan of nie. Inteendeel, hul dink nie eers daaraan nie. Hulle lewe elke dag soos dit kom en dit weet ek – so moet ek ook lewe!
|
|
|