Ongehoorsaamheid + eie wil = nagevolg
ONGEHOORSAAMHEID + EIE WIL = NAGEVOLG. (Marijke Edwards)
Verlede week se oordenking het gegaan oor gehoorsaamheid, respek en verantwoordelikheid teenoor jou ouers, maar waar lê jou gehoorsaamheid
ONGEHOORSAAMHEID + EIE WIL = NAGEVOLG.
(Marijke Edwards)
Verlede week se oordenking het gegaan oor gehoorsaamheid, respek en verantwoordelikheid teenoor jou ouers, maar waar lê jou gehoorsaamheid teenoor die Here.
Ons almal - kinders, volwasseness en ou mense is soos kinders in die oë van die Here, dit is hoe ek dit sien. Hy is ons Pa en ons moet Hom gehoorsaam. Baie keer sê die Here nee en dan rol ons maar ons oë vir Hom en kyk of daar nie 'n ander manier uit is nie. Dan kry ons seer en besef dat Hy beste weet en eintlik weet waarvan Hy praat tot die volgende keer wat ons weer ons kop stamp.
Wanneer gaan jy die streep trek? Gehoorsaam wees en besluit dat jy nie meer dieselfde fout oor en oor gaan maak nie, maar liewer luister wanneer die Here praat?
Ek weet nie van jou nie, maar ek het nou al agtergekom daai stemmetjie wat hulle gewete noem, is nie net daar om jou te irriteer as jy iets wil doen en dit hou aan sê dit is verkeerd nie. Nee, dit is die Here wat vir jou probeer waarsku en sê dat jy dit nie moet doen nie en dit met 'n goeie rede. Dit is basies jou rooi ligte wat skreeu ‘warning, warning’ maar dit is jou keuse om dit te ignoreer of te luister .
Net soos 'n ouer teenoor hulle kind, sal die Here ook nog steeds daar wees, maak nie saak wat se opsie jy kies nie. Ek glo dat elke keuse wat jy maak 'n gevolg het en as dit die verkeerde keuse was, gaan jy daaruit leer en positief anderkant uitkom, maar jy moet eers weet hoekom dit verkeerd was, waarom jy liewer moes geluister het. 'n Goeie voorbeeld wat in my gedagtes opkom is iemand wat steel. Hy weet dit is verkeerd, maar verkies om nie gehoorsaam te wees aan die Here nie, nie te luister nie en hy word dan tronk toe gestuur. Hy is nie daar omdat die Here hom nie meer lief het nie of nou gestraf het vir altyd nie. Nee, hy is daar om te leer dat dit wat hy gedoen het verkeerd is en dat hy sodoende nie weer dieselfde fout, 'n verkeerde keuse, sal maak nie.
Nog 'n voorbeeld is soos 'n tiener wat uitsluip nadat sy ouers nee gesê het en dan betrap word. Daar sit hy sonder 'n TV, sy selfoon en enige iets. Gehok omdat hy nie gehoorsaam was nie, maar sy ouers doen dit uit liefde sodat hy kan leer dit is verkeerd.
Wat sal jou keuse wees?
Here, dit is my keuse of ek wil luister of nie. Ek wil U stem hoor en ek wil gehoorsaam wees. Asseblief, help my daarmee.
| < Prev | Next > |
|---|





