CRIME LINE *** Blow the whistle on crime! *** Your tip-offs work! *** Send them anonymously to 32211 *** CRIME LINE *** Click here for more info

Login

Daily Verse

Useful Software

Please click on the banner to see what specials our advertisers have.
Bid or Buy
Please support our advertisers.

Oorbeskermend, "Moan" + Baklei = Ouers

Attention: open in a new window. PDFPrintE-mail

OORBESKERMEND, "MOAN" + BAKLEI = OUERS. (Marijke Edwards)

Nee,' sê jou ouers 'ek het klaar gepraat,' maar jy rol jou oë en beplan jou ontsnapping na die "party anyway". Dan wonder jy nog hoekom

OORBESKERMEND, "MOAN" + BAKLEI = OUERS.
(Marijke Edwards)

 'Nee,' sê jou ouers 'ek het klaar gepraat,' maar jy rol jou oë en beplan jou ontsnapping na die "party anyway". 
 
Dan wonder jy nog hoekom jou ouers jou nie vertrou nie, of nie wil hê jy moet uitgaan nie?! Jy is ongehoorsaam en luister nie as hulle praat nie en is daarom onverantwoordelik.

Ja goed, soms oorreageer ouers en is hulle so oorbeskermend, maar dit is met rede. Jy is die belangrikste gawe aan hulle en as jy iets moet oorkom sal hulle hulself nooit vergewe nie.
 
Behalwe dat jou sosiale status 'n knou kry, is daar eintlik geen rede om so ongehoorsaam op te tree nie. Daar sal ander geleenthede wees waarheen jy kan gaan en as jy  aan jou ouers bewys dat hulle jou kan vertrou en jy is verantwoordelik en gehoorsaam sal hulle met 'n geruste hart jou kan laat uitgaan. 
 
Wens jy ook dat jou ouers nou net vir eens en vir altyd sal besef dat jy groot is en nie meer 'n kind nie? Is jy? Is jy regtig? Ek bedoel, dink daaraan: volwasse jong mense luister na hulle ouers, respekteer hulle ouers en is gehoorsaam aan hulle ouers. As jy die een is wat jou oë rol, dink jy weet beter, en met jou ouers praat soos met gemors, is jy waarlik so groot as wat jy dink? Nee, jy moet nog grootword en as jy mooi daaraan dink is dit juis dit wat in jou pad staan. Ja, jou houding, want jou ouers kan nie die onverantwoordelike jy op jou eie uitstuur nie?!?
 
Jou arme ouers kry altyd die blaam. Hulle verstaan jou glo nie, maar onthou, verander jou houding en jy sal sien alles om jou verander ook.
 
Here, U het my ouers gegee om na my om te sien. Hulle het ook al soveel lewenslesse in die lewe geleer. Dinge waardeur ek nou gaan, was hulle al deur, maar nog steeds voel dit asof hulle nie verstaan nie. Help hulle, maar help my ook.
toolbar powered by Conduit