CRIME LINE *** Blow the whistle on crime! *** Your tip-offs work! *** Send them anonymously to 32211 *** CRIME LINE *** Click here for more info

Login

Daily Verse

Useful Software

Please click on the banner to see what specials our advertisers have.
Makro
Please support our advertisers.

As die klein treintjie kan, kan jy?

Attention: open in a new window. PDFPrintE-mail

AS DIE KLEIN TREINTJIE KAN, KAN JY?
(Marijke Edwards)
 
Jy onthou die storie van die klein treintjie waarvan jou ouers jou vertel het toe jy jonger was? Die treintjie wat nie moed opgegee het nie en geweet het hy kan.
 
Vir die van jul wat nie weet waarvan ek praat nie…
 
Daar was eendag 'n klein treintjie wat nie die berg kon uitry nie.   Hy het baie keer gevoel asof hy liewer moet moed opgee en net aanvaar dat hy nooit sal kan opgaan teen die steilte nie, maar sy ma het altyd gesê ‘jy kan, jy kan’.  Eendag toe probeer hy weer en so ver as wat hy gegaan het, het hy gesê: ‘ek weet ek kan, ek weet ek kan, ek weet ek kan’ en toe hy weer kyk, was hy heel bo.
 
Ons is baie soos hierdie treintjie. Ons sien ook soms berge vol probleme voor ons.  Ons voel moedeloos en dink om liewer maar moed op te gee en te aanvaar dat ons nie daaroor sal kan kom nie, maar dan sê die Here: ‘jy kan, jy kan’. 
 
Neem vandag die besluit om weer te probeer, aan te hou probeer en so ver as wat jy gaan, so moeilik as wat dit mag wees … Hou aan sê: ‘ek weet ek kan, ek weet ek kan, ek weet ek kan’!!!
 
Ek is tot alles in staat deur Hom wat my krag gee. Filippense 4:13
 
"Yes" Here, ek is. Ek kan enige iets oorkom solank U net daar is!
toolbar powered by Conduit