CRIME LINE *** Blow the whistle on crime! *** Your tip-offs work! *** Send them anonymously to 32211 *** CRIME LINE *** Click here for more info

The Garsfontein Network was established to share important, useful, accurate information
with the whole community in the Garsfontein policing area.

Login

 

Verse of the Day

Sweater or Shades

Garsnet Calendar

March 2010
S M T W T F S
28 1 2 3 4 5 6
7 8 9 10 11 12 13
14 15 16 17 18 19 20
21 22 23 24 25 26 27
28 29 30 31 1 2 3

This site uses PDF documents. 
Download Adobe Reader to view these files.
adobe logo

 


PDF Print E-mail
User Rating: / 0
PoorBest 
RAAK ONTSLAE VAN JOU OU LEWE.
(Marijke van Tonder)
Die vroutjie het op straat gelewe. Sy het nie baie vriende gehad nie en toe sy dood is, en almal besef dat sy eintlik ryk was, het familie reg oor die land haar begrafnis bygewoon.  Die pastoor kon nie mooi verstaan waarom die tannie op straat wou bly as sy lekker kon leef nie.  Die tannie kon net nie ontslae raak van haar ou lewe nie.
Net soos hierdie tannie,  leef ons ook soms liewer saam  met dit wat ons ken, as om 'n stap te neem in die regte rigting.  As jy jou hart vir die Here gee, moenie vasklou aan die verlede nie.  Vergeet wat in die verlede gebeur het en beweeg vorentoe.  Die Here het jou sondes vergewe so daar is geen rede om te dink dat jy nie kan nie.  Hierdie tannie was eintlik ryk en kon 'n wonderlike lewe gehad het.  Die Here wil vir ons ook 'n wonderlike lewe gee. Hy wil ons ryk maak, ryk maak met liefde en vrede.
 
So los daardie lewe wat tussen jou en die Here staan, wat jou arm maak en vol gemors en stap in die regte rigting.  Jy sal sien alles sal dan in plek val.
Here, help my om die goed wat my weerhou van U te los sodat ek 'n paadjie saam met U kan stap en in plaas daarvan om te sê dat ek net nie die ou lewe kon los nie, ek liewer kan sê:  “Die Here het my ryk gemaak met liefde en ek het my gemors agtergelaat”. Amen
 
OfferForge
Click on the picture to look at our Advertisers' specials and promotions. Please support our Advertisers.
toolbar powered by Conduit