2009-02-03 Vehicle Related crimes: There is a serious increase in vehicle related crimes in our Policing area. PLEASE do not leave your vehicle parked outside or leave ANY valuables in the car!!!! Negligence creates opportunities for crime. |
2009-02-03 Vehicle Related crimes: There is a serious increase in vehicle related crimes in our Policing area. PLEASE do not leave your vehicle parked outside or leave ANY valuables in the car!!!! Negligence creates opportunities for crime. |
12 May 2009
Baba-bedelaars 'n probleem - LOUISE DU PLESSISBedelaars in die Elarduspark-omgewing gebruik nou 'n nuwe tegniek waarmee hulle veral senior burgers teiken. Hardus Seegers, bestuurder van Spar by die Elarduspark Winkelsentrum, waarsku die gemeenskap om nie vir die slim streke van twee wit mans met tattoeermerke te val nie.
Seegers het agtergekom dat die twee sy kliente smeek om doeke en melk vir hulle babas te koop, wat hulle dan net om die draai vir 'n spotgoedkoop R20 of R30 gaan verkoop. Hulle is blykbaar baie goed daarmee, want die mense val daarvoor, se hy.
"Mense moet op die uitkyk wees. Veral arm oumense kry hierdie bedelaars jammer en dit is hulle wat dan gevang word."
Seegers het vir die eerste keer begin onraad vermoed toe hy gesien het hoe 'n man, vrou en hul baba saam met een van die bedelaars rak toe loop en vir hom doeke en melk koop. 'n Halfuur later het die ander bedelaar daar ingestap en dieselfde toneel het hom voor Seegers se oe afgespeel.
Dae later het Seegers weer een van die bedelaars by 'n kassier opgemerk, hierdie keer saam met 'n senior burger wat toe alreeds vir R300 se goedere betaal het. "Na die melk en die doeke koop sy toe vir hom nog 'n worsbroodjie ook", se hy.
Seegers het intussen die sekuriteit by die winkelsentrum daarvan in kennis gestel en saam probeer hulle die bedelaars wegjaag. "As hulle my nou sien, trek hulle toon," se hy, alhoewel hy byvoeg dat hulle wel nou en dan terugkom.
Hy het hulle ook onlangs by die Cornwall View Winkelsentrum raakgeloop.
U kan kommentaar lewer op hierdie artikel by This e-mail address is being protected from spambots. You need JavaScript enabled to view it .
| < Prev | Next > |
|---|