CRIME LINE *** Blow the whistle on crime! *** Your tip-offs work! *** Send them anonymously to 32211 *** CRIME LINE *** Click here for more info
LogIn
We have Registered User exclusive info. Please log in to see what's new.
Daily Verse

Useful Software

Random Image
S3B10
Image Detail

Late afternoon on Thursday 15 March, one of the community patrollers from Block 3 Sector 3 spotted a purple Uno close

Read more...
Home Eastern Times Articles Sokker skop doel teen misdaad
Please click on the banner to see what specials our advertisers have.
toolbar powered by Conduit
Please support our advertisers.

 

headBETSIE VAN DER MERWE

Die voorkoms van algemene misdaad in die hoofstad, veral gebiede omliggend aan Loftus Versfeld, het tydens die wêreldbeker-sokkertoernooi afgeplat. In die meeste woonbuurte in die ooste toon ‘normale’ misdaadtendense ook nie veranderinge wat aan die sokkertoernooi toegeskryf kan word nie.

Danie Basson, hoof uitvoerdende bestuurder, by Hatfield City Improvement District (CID) wat in die hartjie van die sokkerbedrywighede gesetel is, sê daar is beslis minder voorvalle van misdaad in dié gebied aangemeld. Hy skryf die tendens toe aan verhoogde sigbare polisiëring van die SAPD en die Metropolisie.

“Hatfield CID het voorsorg getref met reserwe personeel op bystand vir noodgevalle. Dit was tot dusver nie nodig om die personeel te ontplooi nie,” sê Basson. Hy het opgemerk dat algemene wetstoepassing wat in die verlede nie geskied het nie, nou ook skielik aangespreek word. ’n Voorbeeld hiervan is onwettige  besigheidsadvertensieborde wat gekonfiskeer is. “Dit is aspekte wat in die verlede nooit intensief aandag gekry het nie.”

Henry Boshoff, voorsitter van die Brooklyn Gemeenskapspolisiëringsforum (GPF) sê daar is  tekens daar misdaad in dié gebied ook minder voorgekom het. Hy stem saam met Basson dat ekstra polisiëring die rede hiervoor is, maar vra die vraag: “Wat gaan na Dinsdag gebeur as die toernooi in Pretoria verby is?”

Boshoff en Basson het na die moontlikheid verwys dat misdaad tydens sulke byeenkomste na omliggende gebiede kan verskuif.

Dit blyk egter nie dat woonbuurte in die ooste, verder van die sokkerwedstryde, meer as gewoonlik onder misdaad deurloop nie.

Martie van der Westhuizen, woordvoerder vir Garsfontein GPF, sê hoewel daar ‘n effense toename in misdaadvoordele in die area is, “wys statistieke van die afgelope paar jaar dat misdaadvoorvalle geneig is om in die winter te klim.”

 Volgens haar is die sokker nie hul groot kopseer nie, maar loshande die publiek wat steeds nalatig optree. “Mense wat steeds skootrekenaars sigbaar in hul karre los, hul motors buite parkeer en hekke en deure ooplos.” Van der Westhuizen is tevrede met die polisie se reaksie op misdaadgebeure in die sokker-tydperk.

Sy is ook verras met die gemeenskap se positiwiteit. “Dit is nou of mense ander dinge het om oor te praat en die gees wat in die gemeenskap heers, is lekker.”

Raadslid Karen Meyer, DA-woordvoerder Gemeenskapsveiligheid, sê  hoewel dit duidelik is dat die SAPD en Metropolisie tans nie in die oostelike woongebiede só sigbaar is nie, word ernstige sake wel aangespreek. “Die normale misdaadtendense is daar, maar ek kan dit nie toeskryf aan die sokker nie.”

“Die positiwiteit en samehorigheidsgevoel van die gemeenskap, is egter ooglopend. Dit is verblydend om te sien dat inwoners en besighede in die ooste so betrokke is – die vlae, promosies en sokkergees gee ‘n mens ‘n lekker gevoel,” sê sy. “Die sokker is ‘n ongelooflike geleentheid vir Suid-Afrikaners om regtig ‘n rainbow nation te wees. Dit is jammer dit moet tot ‘n einde kom.”

Behalwe vir die feit dat die Tshwane Metroraad onwettig sokkerkaartjies gekoop het, is sy positief oor die wyse waarop die raad die toernooi hanteer. “Die algehele hantering van die sokkertoernooi is fenomenaal.”

 

Adverts

because life's too short to be stressed

Are you chronically stressed or irritable?
or have you been a victim of crime or violence?

Does you muscles feel like they've been replaced by golfballs?

Read more...
A Thought or 2
Ability is what you're capable of doing.
Motivation determines what you do.
Attitude determines how well you do it.

~Raymond Chandler

Visits
Content View Hits : 65978
The World Around Us

4 All Web Needs